Exodus 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het bedags voor hulle uit gegaan in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei; en snags in 'n vuurkolom om hulle te verlig; om dag en nag te gaan:
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende die dag het die Here vir hulle die pad gewys met ’n hoë wolkstapel wat voor hulle uitgegaan het. Gedurende die nag het ’n wolk waarin vuur was vir hulle lig gegee. So kon hulle bly trek of dit nou dag of nag was.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
Afrikaans 1983 Die Here het bedags met 'n wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met 'n vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het bedags in 'n wolkkolom voor hulle uitgegaan om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om aan hulle lig te verskaf, sodat hulle bedags en snags kon trek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het elke dag saam met hulle gegaan. In die dag was Hy in 'n wolk wat hulle gelei het en wat vir hulle die regte pad gewys het. In die nag was die Here in 'n vuur om vir hulle lig te gee. Daarom kon hulle in die dag en in die nag loop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here self het voor hulle uitgegaan. In die dag het Hy vir hulle die pad gewys met ’n hoë wolk wat voor hulle uitgaan. In die nag was daar ’n bol vuur in die lug wat vir hulle lig gegee het. Hulle kon dag en nag verder trek.