Exodus 13:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Moses die gebeente van Josef saam met hom, want hy het die kinders van Israel streng gesweer en gesê: God sal sekerlik op julle ag gee; en julle sal my gebeente saam met julle hiervandaan wegdra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het Josef se oorskot saam met hom gevat. Josef het destyds die Israeliete plegtig laat belowe dat hulle sy liggaam saam met hulle sal vat die dag wanneer God sy woord gestand doen en hulle uit Egipte sal laat teruggaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: God sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op. |
| Afrikaans 1983 | Moses het die liggaam van Josef saamgevat, want Josef het die seuns van Israel dit destyds uitdruklik met 'n eed laat beloof. Hy het gesê: “God sal beslis later na julle omsien, en dan moet julle my liggaam van hier af saamvat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het die beendere van Josef met hom saamgeneem, want Josef het die Israeliete plegtig 'n eed laat aflê; hy het gesê: “God sal beslis na julle omsien, dan moet julle my beendere hiervandaan saam met julle neem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het Josef se lyk met hom saamgeneem, want voordat Josef gesterf het, het hy gesê die Israeliete moet belowe om dit te doen, en God moet die getuie wees. Josef het vir hulle gesê: “God sal julle vrymaak, dit is seker. Wanneer Hy dit doen, dan moet julle my lyk saamneem uit hierdie land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het Josef se liggaam saamgevat. Josef het die Israeliete destyds plegtig laat belowe dat hulle sy liggaam saam met hulle sal vat wanneer die Here hulle weer na hulle land laat teruggaan. |