Exodus 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God het die volk rondgelei op die pad na die woestyn van die Skelfsee, en die kinders van Israel het uitgeboender uit Egipteland opgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het God hulle eerder met die woestynpad in die rigting van die Rietsee laat trek. Hulle het vertrek soos ’n leër wat op mars is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het God die volk met 'n ompad laat gaan, met die woestynpad in die rigting van die Rietsee. Die Israeliete het goed georganiseerd uit Egipte getrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het toe die volk 'n ompad laat neem met die woestyn langs na die Rietsee. Die Israeliete het in slagorde uit Egipteland opgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het eerder die volk laat wegdraai om met die pad langs te trek wat na die Rietsee toe gaan. Die Israeliete het hulleself in groepe gerangskik en op ’n ordelike manier uit Egipte uit weggegaan. |