Exodus 13:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal 'n teken wees op jou hand en as 'n voorhoofsband tussen jou oë; want deur sterkte van hand het die HERE ons uit Egipte uitgelei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie fees sal dus soos ’n merk op jou hand en ’n teken op jou voorkop wees. Dit sal julle herinner dat die Here julle met sy groot krag uit Egipte bevry het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal as 'n teken wees op jou hand en 'n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei. |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n teken op die hand en 'n merk op die voorkop moet dit julle daaraan herinner dat die Here ons met groot mag uit Egipte bevry het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal as 'n teken op jou hand en 'n versiering op jou voorkop dien, want met 'n sterk hand het die Here ons uit Egipte uitgelei.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit moet soos 'n teken wees op julle hande en tussen julle oë, sodat julle kan onthou dat die Here ons met sy groot krag gehelp het om weg te gaan uit Egipte.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is soos ’n merk in jou hand en ’n teken op jou voorkop wat jou daaraan herinner dat die Here die Almagtige ons met krag uit Egipte laat wegtrek het.” |