Exodus 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Farao ons beswaarlik wou laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, sowel die eersgeborenes van die mens sowel as die eersgeborenes van die diere; daarom offer ek aan die HERE alles wat die matriks oopmaak, synde manlik; maar al die eersgeborenes van my kinders verlos Ek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het bly weier om ons te laat gaan. Die Here het toe deur die hele Egipte die seuns en die diere wat eerste gebore is, laat doodgaan. Dit is hoekom ons almal wat eerste gebore is vir die Here offer, behalwe die seuns wat ons eerder kan loskoop.’
Afrikaans 1933/1953 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
Afrikaans 1983 want toe die farao te hardkoppig was om ons te laat trek, het die Here al die eerstelinge van die Egiptenaars laat sterwe, mens en dier. Om hierdie rede offer ons die manlike eersteling van elke dier aan die Here, maar koop ons elke eersgebore seun los.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die farao te koppig was om ons te laat gaan, het die Here al die eersgeborenes in Egipteland doodgemaak, van die eersgeborenes van mense tot die eersgeborenes van die vee. Daarom offer ek aan die Here elke manlike eersteling van die vee, maar elke eersgeborene van my seuns koop ek los.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao was hardkoppig. Hy het gesê ons mag nie weggaan nie. Toe het die Here al die oudste seuns in Egipte doodgemaak, die oudstes van die mense en van die diere. Daarom offer ons die eerste bul-kalf en die eerste ram-lam vir die Here, en daarom gee ons iets anders in die plek van ons oudste seuns.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het botweg geweier om ons te laat weggaan uit Egipte. Die Here het sy hand laat uitgaan teen almal in Egipte wat eerste gebore is. Hulle het doodgegaan, mens en dier. Dit is hoekom ek al die eerste manlike wesens wat ’n ma in die wêreld bring, aan die Here offer. Hulle behoort aan Hom. Ek kan egter my oudste seun weer terugkoop.