Exodus 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal wees wanneer jou seun jou later vra en sê: Wat is dit? dat jy vir hom moet sê: Deur sterk hand het die HERE ons uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer julle seuns vorentoe vir julle vra: ‘Hoekom maak ons so?’ moet julle vir hulle vertel: ‘Die Here het ons met sy groot krag van die slawewerk in Egipte bevry.
Afrikaans 1933/1953 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
Afrikaans 1983 As julle kinders later sou vra: ‘Wat beteken dit?’ moet julle vir hulle sê: ‘Met groot mag het die Here ons uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As jou seun jou in die toekoms vra, ‘Wat beteken dit?’ moet jy vir hom sê, ‘Met 'n sterk hand het die Here ons uit Egipte, uit die plek van slawerny, uitgelei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle kinders later vir julle vra wat dit beteken, dan moet julle vir hulle sê: ‘Die Here het ons met sy groot krag uit Egipte gered, daar waar ons slawe was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer jou seun jou later op ’n dag vra: ‘Hoekom maak ons so?’ moet jy hom antwoord: ‘Omdat die Here ons met sy krag bevry het van die slawewerk wat ons in Egipte moes doen.