Exodus 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat jy vir die HERE moet afsonder alles wat die matriks oopmaak, en al die eersgeborenes wat kom van 'n dier wat jy het; die mannetjies sal aan die HERE behoort.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die oudste seuns en manlike diere wat eerste gebore is, moet dan aan die Here opgedra word.
Afrikaans 1933/1953 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê -- wat manlik is, behoort aan die HERE.
Afrikaans 1983 moet julle elke manlike eersteling wat gebore word, aan die Here wy, en ook elke manlike eersteling van julle vee vir die Here afstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet jy elke eersteling van die moederskoot aan die Here afstaan. Elke eersteling van die aanteel van jou vee wat jy kry, die manlikes, behoort aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet julle elke oudste seun wat gebore word in 'n familie, vir die Here gee. Julle moet ook die eerste manlike kleintjie van elke dier vir die Here gee. Hulle behoort almal aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet julle alles wat manlik is waaraan ’n ma geboorte gegee het, vir die Here gee. Die eerste manlike dier wat gebore word, moet julle vir die Here gee.