Exodus 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal die vleis in daardie nag eet, met vuur gebraai en ongesuurde brode; en met bitter kruie moet hulle dit eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vleis word oor die vuur gebraai. Dit moet nog daardie selfde aand saam met brood wat sonder suurdeeg gemaak is en met kruie geëet word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet. |
| Afrikaans 1983 | Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet die vleis dieselfde nag eet; oor die vuur gebraai, saam met ongesuurde brood en bitter kruie, moet hulle dit eet.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die vleis daardie aand braai en eet, en julle moet ongesuurde brood en bitter kruie eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet die vleis oor die vuur braai. Al die vleis moet nog in daardie selfde nag opgeëet word. Hulle moet dit saam met brood eet waarin daar nie suurdeeg is nie. Daarby moet hulle sous gebruik wat van bitter kruie gemaak is. |