Exodus 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet dit in stand hou tot op die veertiende dag van dieselfde maand, en die hele vergadering van die vergadering van Israel moet dit in die aand doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sorg vir die rammetjie tot op die veertiende van die maand. Elke gesin in Israel moet teen skemertyd sy rammetjie slag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet die lammers veilig hou tot die veertiende dag van hierdie maand. Die hele byeenkoms van die volksvergadering van Israel moet dan laatmiddag hulle lammers slag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet hom oppas tot die 14de dag van die maand en dan moet julle hom slag wanneer dit aand word. Al die Israeliete moet dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet die lam aan die lewe hou tot op die veertiende dag van die maand. “Teen die aand van die veertiende dag moet almal in Israel hulle lamme slag. |