Exodus 12:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur op dieselfde dag dat die HERE die kinders van Israel volgens hulle leërs uit Egipteland uitgelei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op dieselfde dag waarop die fees nog tans gevier word, het die Here die stamme van Israel uit Egipte gelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei. |
| Afrikaans 1983 | Presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die Here die stamme van Israel uit Egipte bevry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie selfde dag nog het die Here die Israeliete uit Egipteland uitgelei, leërafdeling vir leërafdeling. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle vier die Paasfees nou nog op dieselfde dag wat die Here die Israeliete uit Egipte gebring het toe Hy hulle vrygemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die paasfees is die eerste keer gevier op presies dieselfde dag as waarop die Here die families van Israel uit Egipte laat wegtrek het. |