Exodus 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle lam moet sonder gebrek wees, 'n jaaroud mannetjie; julle moet dit van die skape of van die bokke uithaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit moet ’n rammetjie wees uit die skape of die bokke wat ’n jaar oud is en waarmee daar niks verkeerd is nie.
Afrikaans 1933/1953 Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.
Afrikaans 1983 Dit moet 'n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, 'n skaap of 'n bok.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Jaaroud ramlam sonder gebrek moet julle kies; uit die skape of die bokke kan julle dit neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skaap of bok moet gesond wees. Daar moet niks verkeerd wees met hom nie, en dit moet 'n ram wees wat een jaar oud is. Julle mag 'n skaap of 'n bok neem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet ’n jaaroud rammetjie wees wat uit die skape of die bokke kom. Daar mag niks fout wees met die dier nie.