Exodus 12:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n vreemdeling by jou vertoef en die pasga vir die HERE hou, laat al sy manlike besny word, en laat hom dan nader kom en dit hou; en hy sal wees soos een wat in die land gebore is, want geen onbesnedene mag daarvan eet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As daar ’n buitelander tussen julle is wat aan die fees wil deelneem, moet hy en almal in sy huis wat manlik is, eers besny word. Hulle mag dan saam met julle aan die fees deelneem. Dit sal wees asof hulle tussen julle gebore is. Iemand wat nie besny is nie, mag egter glad nie aan die fees deelneem nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos 'n kind van die land wees. Maar g,,n onbesnedene mag daarvan eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Die vreemdeling wat jou beskerming geniet en die paasfees van die Here wil vier, moet besny word, hy en al die mans en seuns by hom. Dan eers is hy soos 'n gebore Israeliet en kan hy daaraan deelneem. Iemand wat nie besny is nie, mag nie daarvan eet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer 'n vreemdeling tydelik by jou is, en hy wil die Pasga vier tot eer van die Here, moet al die manlike persone by hom besny word. Dan mag hy nader kom om dit te vier, en sal hy soos 'n gebore Israeliet wees. Enigiemand wat nie besny is nie, mag daarvan nie eet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n vreemdeling by jou woon, en hy wil die Paasfees vir die Here vier, dan moet jy hom eers besny. Jy moet hom en al die mans en seuns in sy huisgesin besny. Dan mag hy ook die fees kom vier. Hy is dan soos 'n Israeliet wat in die land gebore is. Iemand wat nie besny is nie, mag nie die Paasfees-kos eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer daar buitelanders is wat onder julle woon en hulle wil saam met julle die paasfees van die Here vier, moet al hulle mans eers besny word. Hulle sal dan as Israeliete beskou word wat saam met julle paasfees mag vier. Iemand wat nog glad nie besny is nie, mag ook nie die paasfees eet nie. |