Exodus 12:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vlees uit die huis uitbring nie; en julle mag daarvan geen been breek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat die rammetjie deel, moet dit saam eet in een huis. Julle mag nie van die vleis buitentoe vat nie. Julle moet ook nie sy bene breek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit moet geëet word in die huis waarvoor dit bedoel is. Van die vleis mag niks buitentoe geneem word nie. Geen been van die paaslam mag gebreek word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit moet in een huis geëet word. Jy mag nie van die vleis uit die huis na buite neem nie. 'n Been daarin mag julle nie breek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die Paasfees-kos eet in die huis waar julle die kos maak. Julle mag nie die vleis uit die huis neem nie. Julle mag nie die dier se bene breek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die paaslam moet in die huis geëet word waar dit geslag is. Daar mag niks van die vleis uit daardie huis weggevat word nie. Die bene van die paaslam moet nie gebreek word nie. |