Exodus 12:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is 'n nag wat tot eer van die HERE onderhou moet word omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het; dit is die nag van die HERE om onderhou te word deur al die kinders van Israel in hulle geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het hierdie nag gekies om hulle uit Egipte te laat trek. Hierdie nag het aan die Here behoort. Dit sal vir altyd in Israel onthou word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is 'n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is die nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte. |
| Afrikaans 1983 | Dit was die nag waarin die Here oor hulle gewaak het en hulle uit Egipte bevry het. Daarom behoort dié nag aan die Here en moet alle Israeliete en hulle nageslagte dié nag wakker bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was 'n nag waarin die Here gewaak het om hulle uit Egipteland uit te lei. Daardie nag is 'n nag van waak tot eer van die Here vir al die Israeliete deur hulle geslagte heen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie nag het die Here die Israeliete uit Egipte gebring. Dit is 'n nag wat nou aan die Here behoort. Al die Israeliete en hulle nageslag moet hierdie nag wakker bly en hulle moet die Here eer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was ’n nag om baie lank nog te onthou toe die Here dit laat gebeur het dat hulle uit Egipte kon wegtrek. Dit is ’n nag wat die Israeliete en hulle nageslag vir die Here moet onthou. |