Exodus 12:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan die einde van die vier honderd en dertig jaar, op dieselfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Presies aan die einde van die 430 jaar is die Here se mense uit Egipte weg.
Afrikaans 1933/1953 En nverloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
Afrikaans 1983 Na vier honderd en dertig jaar, presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die hele volk van die Here uit Egipte weggetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die einde van vierhonderd-en-dertig jaar, op presies dieselfde dag, het al die leërafdelings van die Here uit Egipteland weggetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Presies op daardie dag, toe die 430 jaar verby was, het die Here se hele volk weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Presies op die dag dat dit 430 jaar was, het die mense van die Here uit Egipte padgegee.