Exodus 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die huisgesin te min is vir die lam, laat hom en sy buurman langs sy huis dit neem volgens die getal van die siele; elkeen volgens sy ete moet jou tel vir die lam.
Afrikaans (NLV) 2011 As daar te min mense in ’n gesin is om ’n lam alleen op te eet, moet hulle dit deel met ’n ander gesin in die omgewing. Dit moet in verhouding verdeel word volgens die getal en behoefte van elke gesin.
Afrikaans 1933/1953 Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.
Afrikaans 1983 As 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, kan 'n man en sy naaste buurman dit onder mekaar verdeel volgens die getal persone. Julle moet die lam deel volgens elkeen se behoefte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit deel in verhouding tot die getal persone. Julle moet die lam in porsies verdeel in ooreenstemming met wat elke huisgesin gaan eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die huisgesin klein is en hulle kan nie 'n hele skaap of bok op-eet nie, dan moet die man en sy naaste buurman saam 'n skaap of 'n bok neem. Julle moet tel hoeveel mense in die huisgesin is, en daar moet genoeg vleis wees sodat almal kan eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As daar te min mense in een gesin is om ’n lam te kan opeet, moet hulle en hulle bure saam maak. Hulle moet kyk hoeveel mense hulle dan is en of hulle saam genoeg is om een lam op te eet.