Exodus 12:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n gemengde menigte het ook saam met hulle opgetrek; en kleinvee en beeste, ja, baie beeste.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het ook baie mense saamgegaan wat nie Israeliete was nie. Hulle het ook troppe skape en bokke saam met hulle gehad.
Afrikaans 1933/1953 En 'n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste -- 'n groot hoeveelheid vee.
Afrikaans 1983 Daar het ook 'n menigte mense van ander afkoms saamgegaan en ook groot troppe kleinvee en baie beeste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook 'n groot groep mense van ander afkoms het saam met hulle opgetrek; en ook nog kleinvee en beeste, baie groot troppe vee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie ander mense wat nie Israeliete was nie, het ook saam met hulle getrek. Die Israeliete het baie skape en bokke en beeste saamgeneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het ook ’n hele klomp mense saam met hulle getrek wat nie Israeliete was nie. Daar was ook ’n groot klomp kleinvee en beeste.