Exodus 12:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het van Raämses af na Sukkot getrek, omtrent seshonderd duisend te voet, manne, buiten die kinders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het begin loop van Rameses af na Sukkot toe. Buiten die vroue en kinders was daar sowat 600 000 mans. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het van Rameses af na Sukkot toe getrek. Behalwe die afhanklikes was daar sowat ses honderd duisend weerbare manne te voet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het van Ramses af weggetrek op pad na Sukkot, ongeveer seshonderdduisend man te voet, afgesien van die afhanklikes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het van die stad Rameses na die stad Sukkot gegaan. Daar was 600 000 mans. Hulle het nie die vroue en kinders ook getel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het te voet van Rameses af begin loop in die rigting van Sukkot. As hulle afhanklikes nie bygereken word nie, was daar altesaam 600 000 mans. |