Exodus 12:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het die volk guns gegee in die oë van die Egiptenaars, sodat hulle aan hulle geleen het wat hulle gevra het. En hulle het die Egiptenaars geplunder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het die Egiptenaars gewillig gemaak om vir die Israeliete alles te gee wat hulle van hulle geëis het. Israel het Egipte behoorlik geplunder. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en die het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, sodat hulle uit Egipte as buit kon wegdra wát hulle ook al geëis het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die Here wat gesorg het dat die Egiptenare die volk goedgesind is, en die Egiptenare het aan hulle eise toegegee. So het hulle buit geneem van die Egiptenare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die Egiptenaars vriendelik gemaak met die Israeliete. Die Egiptenaars het alles gegee wat die Israeliete gevra het. So het die Israeliete die Egiptenaars se goed weggedra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het gemaak dat die Egiptenaars gewillig was om dit vir hulle te gee. Hulle het nie omgegee om vir die Israeliete alles te gee wat die volk van hulle gevra het nie. Die Israeliete het die Egiptenaars behoorlik kaal uitgetrek. |