Exodus 12:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het gedoen volgens die woord van Moses; en hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue juwele en klere geleen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het gemaak soos Moses vir hulle gesê het. Hulle het die Egiptenaars gedwing om vir hulle goue en silwerjuweliersware en klere te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; |
| Afrikaans 1983 | Verder het die Israeliete die opdrag van Moses uitgevoer, naamlik om van die Egiptenaars silwer- en goue goed sowel as klere te eis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het gemaak soos Moses gesê het, en hulle het van die Egiptenare silwer- en goue voorwerpe en klere geëis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het gedoen wat Moses gesê het. Hulle het silwergoed en goue goed en klere vir die Egiptenaars gevra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het gemaak soos Moses vir hulle gesê het. Hulle het die Egiptenaars gedwing om vir hulle silwer en goue juweliersware en klere te gee. |