Exodus 12:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Egiptenaars het die volk dringend aangedring om hulle haastig uit die land uit te stuur; want hulle het gesê: Ons is almal dooies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Egiptenaars het by die volk gesoebat om so gou moontlik uit die land pad te gee, want hulle het gedink: “Ons sal nog almal doodgaan!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou -- om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood! |
| Afrikaans 1983 | Die Egiptenaars het sterk by die volk daarop aangedring om gou uit die land pad te gee, “want,” het hulle gesê, “anders is ons almal dood!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Egiptenare het by die volk daarop aangedring om gou te maak, sodat hulle hulle uit die land kon wegstuur; “want”, het hulle gesê, “almal van ons gaan sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars het vir die Israeliete gesê hulle moet gou weggaan uit die land. Hulle het gesê: “Ons sal almal sterf as julle nie weggaan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook al die Egiptenaars het by die volk gepleit dat hulle tog so gou moontlik moet weggaan. “Anders,” het hulle gesê, “sal ons nog almal doodgaan.” |