Exodus 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek met die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle vir hulle elkeen 'n lam neem volgens die huis van hulle vaders, 'n lam vir 'n huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet vir al die Israeliete die opdrag gee dat elke gesin op die tiende van hierdie maand vir hulle ’n lam in die hande moet kry.
Afrikaans 1933/1953 Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin.
Afrikaans 1983 Sê vir die hele gemeente van Israel: Elkeen moet sorg dat hy op die tiende van hierdie maand 'n lam vir sy gesin het, vir elke huisgesin een.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Praat met die hele volksvergadering van Israel en sê, ‘Op die tiende van hierdie maand moet elkeen van hulle 'n lam neem vir sy familie, 'n lam vir 'n huisgesin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sê vir al die Israeliete: ‘Op die tiende dag van hierdie maand moet die hoof van elke huisgesin 'n skaap of 'n bok neem, een skaap of bok vir 'n huisgesin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet die reël wees in Israel wat nooit weer verander word nie. Elke gesin moet sorg dat hulle teen die tiende van hierdie maand alreeds ’n lam in die hande gekry het.