Exodus 12:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat die HERE middernag al die eersgeborenes in Egipteland getref het, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene wat in die kerker was; en al die eersgeborenes van vee.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen middernag het die Here al die Egiptiese seuns wat eerste gebore is, laat sterf, vanaf die farao wat oor die land regeer se oudste seun tot by die oudste seun van die gevangene wat in die tronk sit. Selfs die vee wat eerste gebore is, het gevrek.
Afrikaans 1933/1953 En middernag het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
Afrikaans 1983 Om middernag het die Here elke eersgeborene van Egipte laat sterf, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die krygsgevangene in die tronk, selfs die eerstelinge van die diere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het teen middernag gebeur. Die Here het alle eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van die farao wat op die troon gesit het tot die eersgeborene van die krygsgevangene in die kerker, ook al die eersgeborenes van die vee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die middel van die nag het die Here al die oudste seuns in Egipte laat sterf, almal, die oudste seun van die farao en ook die oudste seuns van die mans in die tronk. Die eerste manlike kleintjies van al die diere het ook gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen middernag het die Here deur Egipte begin trek. Hy het in elke huis die seun wat eerste gebore is, laat doodgaan. Van die oudste seun van die farao wat na hom sou koning word, tot by die oudste seun van die man wat in die tronk sit, is almal dood. Selfs onder die vee het dié wat eerste gebore is, gevrek.