Exodus 12:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars te verslaan; en as hy die bloed aan die bo-drumpel en aan die twee syposte sien, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om by julle huise in te gaan om julle te verslaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here gaan deur die land trek om die Egiptenaars dood te maak. Wanneer Hy die bloed aan die bokant en die sykante van die deur sien, sal die Here by daardie deur verbygaan. By daardie huis sal Hy nie toelaat dat die verwoester ingaan om hulle te tref nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
Afrikaans 1983 As die Here verbykom om die Egiptenaars te tref, sal Hy die bloed aan die bokant en die sykante van die deurkosyn sien en dié deur oorslaan. Hy sal nie die dood in julle huise laat kom om julle te tref nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal deur die land gaan om die Egiptenare te tref; en wanneer Hy die bloed aan die bokant en die twee sykante van die kosyn sien, sal die Here by die deur verbygaan en die vernietiger nie toelaat om julle huise binne te gaan om julle te tref nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Here verbykom om die Egiptenaars dood te maak, dan sal Hy die bloed aan die deur se raam sien en dan sal Hy verbygaan. Hy sal nie die dood by julle huise laat inkom om julle te laat sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die Here die Almagtige in die nag deur Egipte trek om hulle met die dood te tref en Hy sien die bloed aan julle deurkosyne, sal Hy by daardie huis verbygaan. Hy sal nie die verwoester toelaat om daar in te gaan om die oudste seun dood te maak nie.