Exodus 12:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet 'n bossie hisop neem en dit in die bloed doop wat in die skottel is, en die bo-drumpel en die twee syposte slaan met die bloed wat in die skottel is; en niemand van julle mag by die ingang van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Vang die dier se bloed op in ’n houer. Vat dan ’n takkie van ’n hisopboom en doop dit in die bloed. Verf dan die bloed bo-aan die kosyn met die hisoptak en aan die kant van die huis se deur. Niemand mag by die deur uitgaan voor die volgende oggend nie.
Afrikaans 1933/1953 En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
Afrikaans 1983 Neem 'n bossie hisop, doop dit in 'n bak met bloed en smeer die bloed aan die bokant en die sykante van die deurkosyn. Nie een van julle mag by sy deur uitgaan voor die volgende môre nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Neem 'n bossie marjolein en doop dit in die bloed wat in 'n bak is. Vee van die bloed wat in die bak is, aan die bokant en aan die twee sykante van die kosyne. En wat julle betref – niemand mag by die deur van sy huis uitgaan tot die volgende oggend nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle elkeen 'n bossie hisop neem, dit in die bloed druk en die bloed smeer aan sy deur se raam. Niemand mag uit sy huis gaan voor die volgende oggend nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet die bloed in ’n bak opvang. Doop ’n takkie van ’n hisopboom in die bloed en verf daarvan aan die bokant en die sykante van julle huise se deurkosyne. Niemand mag uit sy huis uit weggaan voor die volgende oggend nie.