Exodus 12:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe roep Moses al die oudstes van Israel en sê vir hulle: Trek uit en neem vir julle 'n lam volgens julle geslagte, en slag die pasga. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe die leiers van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Laat elke gesin vir hulle ’n rammetjie vang sodat hulle dit vir die Paasfees kan slag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga. |
| Afrikaans 1983 | Moses het toe al die leiers van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Gaan vang vir julle gesinne elkeen 'n lam uit en slag die paaslam! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het toe al die oudstes van Israel geroep en vir hulle gesê: “Vang en neem self lammers vir julle familiegroepe, en slag die Pasgalam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het al die leiers van die Israeliete geroep en hy het vir hulle gesê: “Elkeen moet vir sy huisgesin 'n skaap of 'n bok gaan vang en hy moet dit vir die Paasfees slag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het die leiers van Israel bymekaar laat kom en vir hulle gesê: “Gaan kry nou vir elke gesin ’n lam sodat julle dit vir die paasfees kan slag. |