Exodus 12:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle mag niks eet wat gesuur is nie; in al julle woonplekke mag julle ongesuurde brode eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag gedurende daardie tyd niks eet wat suurdeeg in het nie. Waar julle ook al woon, mag julle net brood eet wat sonder suurdeeg gemaak is.”
Afrikaans 1933/1953 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
Afrikaans 1983 Julle mag glad nie gewone brood eet nie. In al julle woonplekke moet julle net ongesuurde brood eet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enigiets met suurdeeg in mag julle nie eet nie; in al julle woonplekke moet julle ongesuurde brood eet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie brood eet wat suurdeeg in het nie. Julle moet ongesuurde brood eet in al julle huise.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand mag iets eet waarin daar suurdeeg is nie. Oral waar julle woon, moet julle dan brood eet wat sonder suurdeeg is.”