Exodus 12:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie; want elkeen wat eet wat gesuur is, dié siel moet uitgeroei word uit die vergadering van Israel, of hy 'n vreemdeling is of in die land gebore is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise wees nie. Enigiemand wat gedurende hierdie tyd iets eet met suurdeeg in sal uit die gemeenskap van Israel weggejaag word. Dit geld vir sowel gaste wat by julle oorbly as gebore Israeliete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, die siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al 'n vreemdeling is of 'n kind van die land. |
| Afrikaans 1983 | Sewe dae mag daar geen suurdeeg in julle huise wees nie, want elkeen wat gewone brood eet, sal van die gemeente van Israel afgesny word. Dit geld vir vreemdelinge sowel as vir gebore Israeliete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sewe dae lank mag daar nie suurdeeg in julle huise gevind word nie; want elkeen wat iets eet met suurdeeg in – daardie persoon sal van die volksvergadering van Israel afgesny word, of hy nou 'n •vreemdeling of 'n gebore Israeliet is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sewe dae lank mag daar nie suurdeeg in julle huise wees nie. As iemand brood of iets anders eet wat suurdeeg in het, dan moet julle hom afsny van die volk. Julle moet hom afsny as hy iemand is wat in die land gebore is, en ook as hy 'n vreemdeling is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir hierdie sewe dae mag daar nie ’n krieseltjie suurdeeg in enige van julle huise wees nie. As enigiemand, of hy iemand is wat van ’n ander land kom en of hy van geboorte ’n Israeliet is, in hierdie tyd enigiets met suurdeeg in eet, moet julle hom van julle af wegjaag. |