Exodus 12:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand in die aand, moet julle ongesuurde brode eet tot die een en twintigste dag van die maand in die aand.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die aand van die veertiende dag van die maand af tot op die aand van die 21ste van die maand, mag julle net brood eet wat sonder suurdeeg gemaak is.
Afrikaans 1933/1953 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand.
Afrikaans 1983 In die eerste maand moet julle van die aand van die veertiende af ongesuurde brood eet tot op die aand van die een en twintigste van die maand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brood eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die fees in die eerste maand vier. Julle moet ongesuurde brood eet van die aand van die 14de dag tot die aand van die 21ste dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vanaf die aand van die veertiende dag van daardie eerste maand, tot op die aand van die 21ste dag mag julle nie brood eet met suurdeeg in nie.