Exodus 12:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet die fees van die ongesuurde brode hou; want op hierdie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei; daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte onderhou deur 'n ewige insetting.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Fees van die Ongesuurde Brood moet by julle ’n vaste instelling wees. Julle moet altyd in herinnering roep dat dit op daardie dag was dat Ek julle stamme uit Egipte laat wegkom het. Hierdie dag moet altyd onthou word.
Afrikaans 1933/1953 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.
Afrikaans 1983 “Onderhou die fees van die ongesuurde brood, want die eerste dag van die fees is die presiese dag waarop Ek julle stamme uit Egipte sal bevry het. Julle en julle nageslagte moet dié dag altyd as 'n vaste instelling vier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onderhou die Fees van die Ongesuurde Brood, want op hierdie bepaalde dag het Ek julle leërafdelings uit Egipteland gelei. Julle moet hierdie dag onderhou as 'n voorskrif wat altyd vir julle nageslagte geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die Fees van die Ongesuurde Brood vier, want op hierdie dag het Ek julle uit Egipte gebring. Julle en julle nageslag moet hierdie fees elke jaar vier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle moet elke jaar hierdie fees hou wanneer julle brode eet wat sonder suurdeeg gemaak is. Julle moet onthou dat dít die dag is waarop Ek julle families uit Egipte laat wegtrek het. Die dag moet onder julle nasate ’n dag wees waarop hulle jaar na jaar in herinnering roep wat Ek vir julle in Egipte gedoen het.