Exodus 12:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees, en op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; daar mag geen werk in hulle gedoen word nie, behalwe wat elkeen moet eet, wat net van julle gedoen kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die eerste en weer op die sewende dag moet julle bymekaarkom vir die Here. Op daardie dae mag niks anders gedoen word nie, behalwe om kos te maak.
Afrikaans 1933/1953 En op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees. Daar mag g,,n werk op die dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.
Afrikaans 1983 Op die eerste en die sewende dag moet daar 'n gewyde byeenkoms wees. Op hierdie dae mag geen werk gedoen word nie, behalwe dat vir elkeen iets te ete voorberei kan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die eerste dag moet julle 'n heilige byeenkoms hou, en ook op die sewende dag. Geen werk moet op hierdie dae gedoen word nie; net wat elkeen moet eet, slegs dit mag vir julle voorberei word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die eerste en die sewende dag moet gewyde dae wees vir julle. Op hierdie dae mag niemand werk nie. Julle mag net kos maak, net die kos wat julle moet eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die eerste en die laaste dag van die fees moet julle bymekaarkom om vir die Here kerk te hou. Op daardie dae mag julle glad nie aangaan met julle gewone werk nie. Julle mag wel op daardie dae vir julleself kos gaarmaak.