Exodus 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; ook op die eerste dag moet julle suurdeeg uit julle huise verwyder; want elkeen wat gesuurde brood eet van die eerste dag af tot die sewende dag, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet sewe dae lank brood eet wat nie met suurdeeg gemaak is nie. Op die eerste dag al moet julle alle suurdeeg uit julle huise wegvat. Enigeen wat gedurende hierdie sewe dae brood eet waarin daar suurdeeg is, moet uit die samelewing weggejaag word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, die siel moet uit Israel uitgeroei word. |
| Afrikaans 1983 | Sewe dae lank moet die brood wat julle eet, ongesuurde brood wees. Reeds op die eerste feesdag moet julle ontslae raak van suurdeeg in julle huise, want elkeen wat in die sewe dae gewone brood eet, moet van Israel afgesny word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet. Reeds op die eerste dag moet julle suurdeeg uit julle huise verwyder; want elkeen wat iets eet wat met suurdeeg gebak is, vanaf die eerste tot die sewende dag – daardie persoon sal van Israel afgesny word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ ‘Julle moet sewe dae lank ongesuurde brood eet. Op die eerste dag moet julle al die suurdeeg uit julle huise wegneem. As iemand van die eerste dag af tot die sewende dag suurdeeg eet, dan moet julle hom afsny van die volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sewe dae lank moet julle brood eet wat sonder suurdeeg gemaak is. Reeds op die eerste dag van die fees moet julle alles wat suurdeeg in het, uit julle huise wegvat. As enigeen gedurende hierdie sewe dae brood eet wat met suurdeeg gemaak is, moet hy weggejaag word. |