Exodus 12:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hierdie dag sal vir julle 'n gedenkdag wees; en julle moet dit vir die HERE 'n fees vier in julle geslagte; julle moet dit vir ewig 'n fees vier volgens 'n insetting.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hierdie dag moet altyd gevier word as ’n dag van herinnering. Dit is ’n spesiale feesdag van die Here wanneer julle nageslag moet onthou wat Hy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.
Afrikaans 1983 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Hierdie dag moet vir julle dien as 'n herinneringsdag; julle moet dit as 'n fees ter ere van die Here vier. As 'n voorskrif wat altyd vir julle nageslagte geld, moet julle die dag feestelik vier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet hierdie dag altyd onthou. Julle moet dan 'n fees vier om My te eer. Julle nageslag moet ook elke jaar hierdie fees vier.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Elke jaar wanneer julle hierdie fees hou, moet julle onthou wat in Egipte gebeur het. Dit moet ’n vaste datum op julle kalender wees wat julle elke jaar gebruik om fees te vier vir die Here.