Exodus 11:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Farao sal nie na jou luister nie; sodat my wonders vermenigvuldig kan word in Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het met Moses gepraat: “Die farao gaan nog nie na julle luister nie. Dit gaan My kans gee om nog kragtiger wonders in Egipte te doen.”
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.
Afrikaans 1983 Daarna het die Here vir Moses gesê: “Die farao luister nie na julle nie sodat my wonders in Egipte nog meer kan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nie na julle luister nie, sodat my tekens in Egipteland nog meer kan word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nie na julle luister nie, maar dan sal Ek nog meer wonderwerke in Egipte kan doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nog steeds nie na julle luister nie, maar dit sal My kans gee om nog meer dinge in Egipte te laat gebeur.”