Exodus 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al hierdie dienaars van U sal na my toe afkom en hulle voor my neerbuig en sê: Gaan weg, jy en al die volk wat jou volg, en daarna sal ek uittrek. En hy het in groot toorn van Farao af weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die amptenare van Egipte sal dan voor my kom neerval en my smeek: ‘Trek tog en vat al jou volgelinge saam met jou!’ Eers dan sal ek gaan!” Moses is toe kwaad van die farao af weg.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.
Afrikaans 1983 Al hierdie amptenare van u sal voor my kom buig en vra: ‘Jy en jou hele volk moet asseblief trek.’ Dan sal ek trek.” Moses is toe woedend van die farao af weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal al hierdie amptenare van u na my afkom en diep voor my buig en sê: “Trek weg, jy en die hele volk wat jou volg.” Eers daarna sal ek wegtrek.’ ” Toe het hy van die farao af weggegaan, briesend kwaad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het ook vir die farao gesê: “Al jou amptenare sal na my toe kom en hulle sal voor my buig en sê ek moet weggaan, ek en al die mense wat saam met my wil gaan. Daarna sal ek weggaan.” Moses was baie kwaad. Hy was woedend en hy het weggegaan van die farao.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dan sal al jou leiers voor my kom kruip. Hulle sal my soebat dat ek en my volgelinge asseblief maar moet weggaan. En as dit klaar gebeur het, sal ek uit die land uit weggaan.” Moses het toe woedend van die farao af weggegaan.