Exodus 11:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar teen een van die kinders van Israel mag geen hond sy tong roer nie, teen mens of dier, sodat julle kan weet dat die HERE 'n verskil maak tussen Egipte en Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By die Israeliete sal dit egter doodstil wees. Daar sal ’n hond nie eers vir ’n mens of ’n dier grom nie. Dit sal duidelik wees dat die Here onderskeid maak tussen Israel en die Egiptenaars. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal 'n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE 'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete. |
| Afrikaans 1983 | Maar onder die Israeliete sal niemand iets oorkom nie, nie 'n mens of 'n dier nie. “Dan sal julle besef dat die Here 'n verskil maak tussen Egiptenaar en Israeliet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar by al die Israeliete sal nie eers 'n hond grom nie, vir geen mens of dier nie, sodat julle kan besef dat die Here onderskeid tref tussen Egipte en Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit sal nie gebeur by die Israeliete nie. Nie 'n mens of 'n dier sal sterf nie. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, nie met die Israeliete doen soos Ek met die Egiptenaars doen nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar niemand sal eers ’n vinger oplig teen enige Israeliet nie, teen geen mens of dier by hulle nie. So sal dit duidelik word dat die Here anders maak met die Egiptenaars as wat Hy met die Israeliete maak. |