Exodus 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar sal 'n groot geroep wees in die hele Egipteland, soos daar nie so iemand was nie, en ook nie meer soos dit sal wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Droewige gehuil sal in Egipte opklink soos daar nog nooit was nie en nooit weer gehoor sal word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar sal 'n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie. |
| Afrikaans 1983 | In die hele Egipte sal daar so gehuil en gerou word soos nog nooit tevore nie en ook nie later nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur die hele Egipteland sal daar 'n harde geskreeu opklink, soos daar nog nooit was nie, en soos daar nooit weer sal wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars sal baie huil. Hulle het nog nooit so baie gehuil nie, en hulle sal ook nooit weer so baie huil nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal ’n droewige gehuil in die hele Egipte wees. Dit sal so erg wees soos dit nog nooit tevore gesien is en soos dit nooit weer gehoor sal word nie. |