Exodus 11:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die eersgeborenes in Egipteland sal sterwe, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon sit, tot by die eersgeborene van die slavin wat agter die meul is; en al die eersgeborenes van die diere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal die oudste seun in elke gesin in Egipte sterf, vanaf die oudste seun van die farao tot die oudste seun van die onbelangrikste diensmeisie. Selfs onder die diere sal die een wat eerste gebore is, getref word. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee. |
| Afrikaans 1983 | en elke eersgeborene in Egipte sal sterwe, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die slavin wat koring maal, ja, selfs al die eerstelinge van die diere. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterf, van die eersgeborene van die farao wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die maalklippe, ook al die eersgeborenes van die vee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die oudste seun in elke familie in Egipte sal sterf. Die farao se oudste seun en ook die oudste seun van die slavin wat by die maalklip koring maal, almal sal sterf. “ ‘Ook al die bul-kalwers en die ram-lammers wat eerste gebore is, sal vrek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Deur die hele Egipte sal die eersgebore seun in elke huis doodgaan. Van die farao se oudste seun wat na sy pa koning moes word, tot by die seun van die eenvoudigste slavin wat koring maal op die maalklip, sal dan doodgaan. Selfs onder die vee sal die een doodgaan wat eerste gebore is. |