Exodus 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het die volk guns gegee in die oë van die Egiptenaars. En die man Moses was baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 (Die Here het die Egiptenaars positief ingestel teenoor die Israeliete. In Egipte is Moses beskou as ’n baie belangrike man en die farao se amptenare en die volk het groot agting vir hom gehad.)
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
Afrikaans 1983 Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, en boonop het Moses groot aansien onder die Egiptenaars geniet, by die amptenare en die volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het gesorg dat die Egiptenare die volk goedgesind is. Ook Moses was 'n man wat hoë aansien geniet het in Egipteland, in die oë van die farao se amptenare en in die oë van die volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Egiptenaars was baie vriendelik met die Israeliete. Die Here het hulle vriendelik gemaak. Al die Egiptenaars het gedink Moses is 'n baie belangrike man. Al die amptenare en al die mense het so gedink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het die Egiptenaars laat kopgee vir sy volk. Die koning se mense en die volk van die land was baie bang vir Moses.