Exodus 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek tog voor die ore van die volk, en laat elkeen van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwer- en goue juwele leen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir die mans en vroue van die volk dat hulle by hulle bure goue en silwerware moet eis.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis. |
| Afrikaans 1983 | Gaan sê vir die volk elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Stel dit duidelik aan die volk dat elke man van sy buurman en elke vrou van haar buurvrou silwer- en goue voorwerpe eis.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sê vir die Israeliete elke man en elke vrou moet silwergoed en goue goed vra vir hulle Egiptiese bure.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet vir die volk sê om daarop te staan dat hulle Egiptiese bure vir hulle silwer en goue juweliersware gee voor hulle hier weggaan.” |