Exodus 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen, en die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land sou laat trek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Alhoewel Moses en Aäron al hierdie wonders voor die farao laat gebeur het, het die Here hom tog nog hardkoppig gemaak. Hy het bly weier om Israel te laat gaan.
Afrikaans 1933/1953 En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.
Afrikaans 1983 Moses en Aäron het al hierdie wonders voor die farao gedoen, maar die Here het die farao koppig gemaak, sodat hy die Israeliete nie uit sy land wou laat trek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses en Aäron het al hierdie tekens voor die farao gedoen, maar die Here het die farao se hart verhard, sodat hy nie die Israeliete uit sy land wou laat gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en Aäron het al hierdie wonderwerke voor die farao gedoen, maar die Here het die farao hardkoppig gemaak. Hy het nie die Israeliete uit sy land laat gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al het Moses en Aäron al hierdie dinge voor die farao gedoen, het die Here gemaak dat hy hardekop gebly het. Hy het aanhou weier om die Israeliete uit sy land uit te laat weggaan.