Exodus 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Tog sal Ek nog een plaag oor Farao en oor Egipte bring; daarna sal hy jou hiervandaan laat trek; as hy jou laat trek, sal hy jou heeltemal daarvandaan wegdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir Moses: “Ek gaan nog een verdere ramp oor die farao en Egipte laat kom. Daarna sal hy julle laat gaan. Om die waarheid te sê, hy sal so graag van julle ontslae wil raak dat hy julle van hier af gaan wegjaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE vir Moses gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het toe vir Moses gesê: “Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Ja, hy sal julle onvoorwaardelik laat trek; hy sal julle selfs wegjaag hiervandaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Nog een plaag gaan Ek oor die farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle van hier af laat gaan. Wanneer hy julle laat gaan, sal hy julle beslis met alles wat julle het, van hier af wegjaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal die farao en die Egiptenaars nog een maal straf. Daarna sal die farao julle uit Egipte laat gaan. Hy sal sê julle mag gaan, maar hy sal nog meer doen, hy sal julle wegjaag. Dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal nog een laaste ramp oor die farao en Egipte bring. Na hierdie een hom getref het, sal hy julle toestemming gee om te gaan. Om die waarheid te sê, hy sal julle eintlik wegjaag. |