Exodus 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses en Aäron is na Farao teruggebring, en hy het vir hulle gesê: Gaan dien die HERE julle God, maar wie is dit wat sal gaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron is toe weer teruggeroep na die farao toe. “Goed,” het hy gesê, “gaan dan tog en aanbid die Here julle God. Sê net ’n bietjie vir my wie gaan almal saam?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die HERE julle God. Wie is dit eintlik wat wil gaan? |
| Afrikaans 1983 | Toe is Moses en Aäron na die farao toe teruggebring en hy sê vir hulle: “Gaan dien julle God, die Here! Maar wie gaan almal saam?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron is toe teruggebring na die farao. Hy het vir hulle gesê: “Gaan dien die Here julle God. Maar wie gaan almal?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare het vir Moses en Aäron teruggebring na die farao toe, en hy het vir Moses en Aäron gesê: “Gaan dien julle God die Here. Maar sê vir my wie sal almal saamgaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die farao het toe vir Moses en Aäron laat roep. Hy het vir hulle gesê: “Nou goed dan, gaan tog en loop bid tot die Here julle God. Maar sê my: Presies wie almal wil julle hê moet saamgaan?” |