Exodus 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die dienaars van Farao vir hom: Hoe lank sal hierdie man vir ons 'n strik wees? laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien; weet jy nog nie dat Egipte verwoes is nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao se amptenare het toe by hom kom kla: “Hoe lank gaan u nog toelaat dat hierdie rampe aangaan? Laat tog die mans gaan dat hulle die Here hulle God kan gaan aanbid. Sien u nie dat Egipte in duie stort nie?”
Afrikaans 1933/1953 Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 'n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie?
Afrikaans 1983 Die amptenare sê toe vir die farao: “Hoe lank gaan dié man nog vir ons moeilikheid gee? Laat hulle nou maar gaan om hulle God, die Here, te dien, maar net die mans. U sien tog dat Egipte te gronde gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao se amptenare sê toe vir hom: “Hoe lank gaan hierdie man nog vir ons 'n valstrik wees? Laat die manne gaan, sodat hulle die Here hulle God kan gaan dien. Besef u nie dat Egipte ten gronde gaan nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao se amptenare het vir hom gesê: “Hoe lank nog gaan jy toelaat dat hierdie man vir ons probleme gee? Jy moet die mans laat gaan sodat hulle die Here, hulle God, kan dien. Jy het gesien dit gaan baie sleg hier in Egipte.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat vir die farao raad gee, het toe vir hom gevra: “Hoe lank moet ons nog met hierdie probleem sit? Laat tog die mansmense gaan dat hulle tot die Here hulle God kan gaan bid. U kan mos sien Egipte is besig om tot niet te gaan!”