Exodus 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal jou huise vul en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars; wat nie jou vaders en jou vaders se vaders gesien het van die dag af dat hulle op die aarde was tot vandag toe nie. En hy het hom omgedraai en van Farao af weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal inkruip in jou paleis en in jou amptenare se huise en in al die huise in Egipte. Vandat jou voorgeslag hier woon, het niemand in Egipte nog ooit so ’n groot ramp beleef nie!’” Nadat hy dit gesê het, het Moses sy rug op die farao gedraai en weggeloop.
Afrikaans 1933/1953 En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees -- soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan.
Afrikaans 1983 Hulle sal oral in jou paleise wees, in die huise van al jou amptenare en van elke Egiptenaar. So iets het julle en al julle voorvaders nog nooit gesien vandat hulle in die land is tot nou toe nie.” Toe het Moses omgedraai en van die farao af weggegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal jou huise, die huise van al jou amptenare en die huise van al die Egiptenare vul – soos jou ouers en grootouers nie gesien het nie, van die dag dat hulle op aarde gekom het tot vandag toe.’ ” Daarna het Moses omgedraai en van die farao af weggegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal oral in jou huise ingaan, ook in die huise van jou amptenare en in die huise van al die Egiptenaars. Julle het nog nooit so baie sprinkane gesien nie, nie julle of julle voorouers nie, vandat hulle hier begin woon het tot vandag toe.” Moses het omgedraai en hy het weggegaan van die farao.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal oral in jou paleis en in die huise van julle leiers en oor die hele Egipte kom. So ver as wat mense kan terugdink, sal hulle nie kan onthou dat so iets al ooit gebeur het nie.” Moses het toe sy rug vir die farao gedraai en is daar weg sonder om hom te groet.