Exodus 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal die oppervlakte van die aarde bedek, sodat 'n mens die aarde nie kan sien nie; en hulle sal die oorblyfsel eet van die ontkomings wat vir julle oorbly van die hael, en hulle sal al die bome eet wat vir julle uitspruit van die veld: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sal so baie van hulle wees dat jy nie eers die grond onder hulle sal kan sien nie. Hulle sal alles wat van die haelstorm oorgebly het, wegvreet. Hulle sal selfs die bome wat weer begin uitloop het, kaal stroop. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat 'n mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet. |
| Afrikaans 1983 | Die land sal so toe wees onder hulle dat 'n mens nie die grond sal kan sien nie. Hulle sal elke groenigheidjie afvreet wat oorgebly het na die hael, selfs dié van elke boom wat weer uitloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle sal die oppervlakte van die land bedek, sodat 'n mens nie die grond sal kan sien nie. Hulle sal die min wat oor is, wat vir julle ná die hael oorgebly het, verslind; en hulle sal elke boom in die veld wat weer vir julle uitloop, kaal vreet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sprinkane sal die hele land toemaak, jy sal nie die grond kan sien nie. Die sprinkane sal alles opvreet wat oorgebly het nadat dit so baie gehael het. Hulle sal al die blare opvreet wat weer aan die bome gegroei het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal so baie sprinkane wees dat jy nie eens die grond onder hulle sal kan sien nie. Hulle sal elke krieseltjie groenigheid afvreet wat daar na die haelstorm oorgebly het. Selfs die bome, wat intussen weer begin uitloop het, sal hulle kaalstroop. |