Exodus 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom Moses en Aäron na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank sal jy weier om jou voor My te verootmoedig? laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron is toe weer na die farao toe. Hulle het vir hom gesê: “Die Here, die God van die Hebreërs, vra vir jou: ‘Hoe lank gaan jy aanhou weier om na My te luister? Laat my volk gaan sodat hulle My kan gaan aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans 1983 | Moses en Aäron het toe na die farao toe gegaan en vir hom gesê: “So sê die Here die God van die Hebreërs: Hoe lank gaan jy nog weier om jou aan My te onderwerp? Laat my volk gaan om My te dien! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron het toe na die farao gegaan en vir hom gesê: “So sê die Here, die God van die Hebreërs, ‘Hoe lank nog gaan jy weier om jou aan My te onderwerp? Laat my volk gaan, sodat hulle My kan dien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron het na die farao toe gegaan en hulle het vir hom gesê die God van die Hebreërs sê vir hom: “Hoe lank nog gaan jy nie luister na My nie? Jy moet my volk laat gaan sodat hulle My kan dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses en Aäron is toe na die farao toe. “So sê die Here, die God van die Hebreërs,” sê hulle vir hom. “Hoe lank gaan jy nog bly weier om voor My te buig? Jy moet dadelik my volk laat gaan dat hulle My kan gaan aanbid! |