Exodus 10:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Farao vir hom: Gaan weg van my af, pas op vir jouself, sien my aangesig nie meer nie; want in dié dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Loop hier weg!” het die farao vir Moses geskreeu. “Sorg dat ek jou nooit weer sien nie. As ek jou ooit weer sien, maak ek jou dood!”
Afrikaans 1933/1953 Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe.
Afrikaans 1983 Toe het die farao vir Moses gesê: “Maak dat jy hier wegkom! Sorg dat ek jou nie weer sien nie, want die oomblik dat ek jou weer sien, sterf jy!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die farao vir hom: “Gaan weg van my af! Pasop, jy mag my gesig nie weer sien nie, want die dag wat jy my gesig sien, sterf jy.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het vir Moses gesê: “Gaan weg van my. Ek wil jou nooit weer sien nie, want as ek jou weer sien, dan sal ek jou doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir Moses geskreeu: “Gee pad voor my! Ek wil jou nooit weer sien nie! As ek jou ooit weer sien, gaan ek jou doodmaak!”