Exodus 10:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook ons vee sal saam met ons gaan; daar mag geen klou agterbly nie; want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien; en ons weet nie waarmee ons die HERE moet dien totdat ons daarheen gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Al ons diere moet saam met ons gaan. Daar kan nie een agterbly nie. Uit hulle moet ons vir die Here offers bring. Ons kan ook nie voor die tyd weet watter offers ons daar gaan nodig kry nie.”
Afrikaans 1933/1953 En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien. En ons weet nie waarmee ons die HERE onse God sal dien voordat ons daar kom nie.
Afrikaans 1983 Daarom gaan ons vee beslis met ons saam. Daar bly nie 'n kloutjie agter nie. Ons moet van die vee gebruik om ons God, die Here, te dien en voordat ons daar aankom, weet ons nog nie met watter offer ons Hom sal dien nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons vee moet ook saam met ons gaan. Geen kloutjie mag agterbly nie, want ons moet van die vee neem om die Here ons God mee te dien. Totdat ons daar aangekom het, weet ons egter self nie waarmee ons die Here ons God moet dien nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ons diere moet ook saam met ons gaan. Daar mag nie een dier hier bly nie. Ons weet nog nie watter diere ons vir die Here moet offer nie. Ons sal dit weet nadat ons daar aangekom het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons diere moet saam met ons gaan. Daar mag niks agterbly nie. Ons moet uit ons eie diere vir die Here ons God offer. Boonop weet ons glad nie wat ons vir die Here sal moet offer voor ons eers daar aangekom het nie.”