Exodus 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Moses: U moet ook vir ons slagoffers en brandoffers gee, dat ons aan die HERE onse God kan offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U sal tog nie van u eie diere gee om vir die Here ons God te offer nie,” het Moses geantwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan die HERE onse God kan aanbied. |
| Afrikaans 1983 | Maar Moses sê: “U sal tog nie vir ons brandoffers en ander diereoffers gee om aan ons God, die Here, te bring nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Moses het geantwoord: “U moet dan ook vir ons slagoffers en •brandoffers saamgee, sodat ons vir die Here ons God kan offer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Jy moet self vir ons offers en brand-offers gee om vir ons God die Here te offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses was vererg en het hom geantwoord: “Dan sal u maar self die diere moet verskaf vir die slagoffers en brandoffers wat ons vir die Here ons God moet bring. |